Jeremiah 48:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die verwoester sal oor elke stad kom, en geen stad sal vrykom nie; ook sal die dal vergaan, en die vlakte sal verwoes word, soos die HERE gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou vyand sal al jou dorpe verwoes. Geen stad sal gespaar bly nie. Hulle sal die valleie beskadig en die vlaktes verwoes. Ek, die Here, sê dit sal gebeur!
Afrikaans 1933/1953 En die verwoester sal kom oor elke stad, sodat geen stad sal vryraak nie; en die dal sal te gronde gaan, en die gelyk veld sal verwoes word, soos die HERE gesê het.
Afrikaans 1983 Die verwoester pak elke stad, nie een kom vry nie. Die Jordaanvallei gaan tot niet, die hoogvlakte word verwoes, want die Here het gepraat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die verwoester kom na elke dorp, en geen dorp sal vrykom nie. Die vallei sal ten gronde gaan, die plato sal verwoes word,” is wat die Here gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) By elke stad sal mense kom wat die stad verwoes, hulle sal al die stede verwoes. Die vyande sal die valleie en die Hoëveld van Moab verwoes.” Die Here het dit gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou vyand sal al jou stede verwoes. Nie een van jou stede sal gespaar word nie. Die valleie sal beskadig word en die vlaktes verwoes word net soos Ek, die Here, gesê het dit sal gebeur.