Jeremiah 48:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want omdat jy op jou werke en op jou skatte vertrou het, sal jy ook gevange geneem word; en Kamos sal in ballingskap uittrek met sy priesters en sy vorste saam.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy stel jou vertroue op jou prestasies en jou rykdom. Maar hulle sal jou gevange neem. Jou god Kemos, sy priesters en amptenare sal almal saam in ballingskap gaan.
Afrikaans 1933/1953 Want omdat jy vertrou het op jou handelinge en op jou voorrade, sal jy ook ingeneem word; en Kamos sal uittrek in ballingskap, sy priesters en sy vorste almal saam.
Afrikaans 1983 Omdat jy jou vertroue gestel het in wat jy self gedoen en vergaar het, word jy ook 'n gevangene en word Kemos in ballingskap weggevoer saam met sy priesters en sy amptenare.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aangesien jy jou vertroue stel op jou dade, en op jou voorrade, sal ook jy ingeneem word. En Kemos sal in ballingskap uitgaan, en sy priesters en bevelvoerders saam met hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want julle het gedink die goed wat julle self gemaak het en alles wat julle het, kan julle help. Daarom sal die vyande julle wegvat, en hulle sal ook julle god Kemos wegvat, en sy priesters en sy amptenare saam met hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy dink jy is baie goed oor alles wat jy self reggekry het en omdat jy ryk is. Maar Ek het nuus vir jou, jy sal gevange geneem word. Jou god Kemos sal saam met die mense wat vir hom werk, na ’n ander land toe weggevat word.