Jeremiah 48:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want in die opgang van Luhit sal gedurige geween opgaan; want by die afgang van Horonaim het die vyande 'n geroep van vernietiging gehoor.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle vlugtelinge gaan op na Lugit terwyl hulle bitterlik huil; op pad af na Goronajim word smartkrete gehoor oor al die verwoesting.
Afrikaans 1933/1953 Want die hoogte van Luhit gaan hulle op met geween by geween; want aan die hange van Horon im het hulle angsgeskreeu van verbreking gehoor.
Afrikaans 1983 Sy mense klim huil-huil die opdraand na Lugit toe uit; benoude smartkrete oor die ondergang van Moab weerklink op die pad af na Goronajim toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die opdraande na Lugit – met 'n gehuil, met 'n gehuil, gaan hulle daar op. Ja, teen die afdraande na Goronajim word angskrete oor die vernietiging gehoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, hulle loop huil-huil op na die stad Lugit, ja, hulle loop af na die stad Goronajim en hulle skree en hulle vra dat iemand hulle moet help, want die vyande het hulle dorpies verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense klim al huilend die heuwels by Lugit uit. En op pad na Goronajim huil hulle verskrik oor al die verwoesting.