Jeremiah 48:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek sal die lot van Moab terugbring aan die einde van die dae, spreek die HERE. Tot dusver is die oordeel van Moab.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar eendag sal Ek weer Moab se lot verander. Ek, die Here, sê dit sal so wees!” Hier eindig die oordeel oor Moab.
Afrikaans 1933/1953 Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Moab verander, spreek die HERE. Tot sover die oordeel van Moab.
Afrikaans 1983 Maar wanneer die tyd daar is, sal Ek die lot van Moab verander, sê die Here. Hier eindig die oordeel oor Moab.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Ek sal die lot van Moab verander aan die einde van die dae, ” is die uitspraak van die Here. Tot hiertoe die oordeel oor Moab.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here sê: “Ek sal dit later weer goed laat gaan met die Moabiete.” Dit is wat die Here gesê het oor Moab.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar eendag in die toekoms sal Ek weer Moab se omstandighede verander. Ek, die Here, sê dit sal so wees!” So eindig die boodskap oor die straf van Moab.