Jeremiah 48:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee jou, o Moab! die volk van Kamos gaan om, want jou seuns is as gevangenes weggevoer en jou dogters as gevangenes.
Afrikaans (NLV) 2011 Wee jou, Moab! Die volk van Kemos is vernietig! Al julle kinders is gevang en in ballingskap weggevoer.
Afrikaans 1933/1953 Wee jou, Moab! Die volk van Kamos is verlore; want jou seuns is weggeneem as gevangenes en jou dogters in gevangenskap.
Afrikaans 1983 Dit is klaar met jou, Moab; die volk van Kemos word uitgeroei. Jou seuns word in ballingskap weggevoer, jou dogters as gevangenes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee jou, Moab! Die volk van Kemos is tot niet. Ja, jou seuns is weggeneem in gevangenskap, jou dogters in ballingskap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moabiete, dit sal sleg gaan met julle, die vyande het die volk van Kemos oorwin, want hulle seuns en hulle dogters is gevangenes, die vyande vat hulle weg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe ’n tragiese geval is Moab nie! Julle het op julle god Kemos vertrou, maar dit het julle niks gehelp nie. Julle is vernietig! Die vyand het al julle kinders gevang en uit julle land weggevat.