Jeremiah 48:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die wat gevlug het, het onder die skaduwee van Hesbon gestaan vanweë die mag, maar 'n vuur sal uitgaan uit Hesbon en 'n vlam uit die midde van Sihon, en dit sal die hoek van Moab en die kop van die woeliges verteer ene.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die mense vlug so ver as Gesbon, maar kom nie verder nie. Want ’n vuur kom uit Gesbon, die tuiste van koning Sihon. Dit sal die hele land verteer, ook al die opstandige mense.
Afrikaans 1933/1953 In die beskutting van Hesbon staan vlugtelinge sonder krag; want 'n vuur het uitgegaan uit Hesbon en 'n vlam uit die huis van Sihon, en het die slape van die hoof van Moab en die skedel van die rumoermakers verteer.
Afrikaans 1983 In die skaduwee van Gesbon staan die vlugtelinge sonder krag, want daar het 'n vuur uit Gesbon uit gegaan, 'n vlam uit Sihon uit, en dit het die voorkop van Moab, die koppe van die grootpraters verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ In die skaduwees van Gesbon staan vlugtelinge kragteloos, want 'n vuur het uitgegaan uit Gesbon, 'n vlam uit die huis van Sihon. Dit het die slape van Moab verteer, die skedel van die rumoermakers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat vlug, staan in die skaduwee van die stad Gesbon, hulle het nie meer krag nie, want 'n vuur het uit Gesbon en Sihon gekom en dit het die koppe verbrand van die Moabiete wat so gespog het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die mense wat vlug, sal net so ver as Gesbon kom voordat hulle krag op is. Hulle sal nie verder kan gaan nie, want Gesbon, wat koning Sihon se stad is, is aan die brand. Hierdie vuur sal die hele land saam met al die mense wat opstandig is, verwoes.