Jeremiah 48:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat vir die vrees vlug, val in die kuil; en hy wat uit die kuil opstaan, sal in die strik gevang word; want Ek sal die jaar van hulle besoeking daaroor bring, oor Moab, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense wat in angs probeer wegvlug, sal in ’n vanggat val. En dié wat uit die vanggat ontsnap, sal in ’n valstrik gevang word. Ek sal sorg dat julle nie ontsnap nie, want die tyd vir julle straf het aangebreek,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat vlug vir die vrees, sal val in die kuil; en hy wat uit die kuil klim, sal gevang word in die net; want Ek sal oor hom, oor Moab, bring die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Wie van die gevaar af probeer wegkom, sal in 'n vanggat val, wie uit 'n vanggat probeer uitklim, sal in 'n strik gevang word. Ek bring oor Moab 'n jaar van afrekening, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wie vlug vir die geluid van verskrikking, val in die vanggat; wie uitklim uit die vanggat, word gevang in die vangnet. Ja, Ek bring hierdie dinge oor Moab – die jaar waarin daar van hulle rekenskap geëis word, ” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat skrik en vlug, sal in 'n vang-gat val, iemand wat uit 'n vang-gat klim, sal in 'n vangnet vassit, want Ek sal die tyd laat kom wanneer Ek vir Moab sal straf.” Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As daar mense is wat van dié vreeslike dinge probeer wegvlug, sal hulle in ’n lokval beland. En dié wat so gelukkig is om die lokval te mis sal in ’n vanggat val. Ek sal sorg dat nie een van julle wegkom nie. Die tyd het gekom dat Moab gestraf moet word. |