Jeremiah 48:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moab sal verdelg word om nie 'n volk te wees nie, omdat hy homself groot gemaak het teen die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moab sal as ’n volk vernietig word omdat hulle die Here uitgetart het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moab sal verdelg word, dat hy geen volk meer is nie, omdat hy hom groot gehou het teen die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Moab sal uitgeroei word en ophou om 'n volk te wees, want hy het hom groot gehou teen die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moab word uitgedelg, sodat dit geen volk meer is nie; want teenoor die Here het hy hom groot gehou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die vyande sal die Moabiete doodmaak, hulle sal nie meer 'n volk wees nie, want hulle het gedink hulle is belangriker as die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moab sal verwoes word en nie langer as ’n nasie beskou word nie omdat hulle arrogant teenoor My, die Here, opgetree het.” |