Jeremiah 48:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Keriot is ingeneem, en die vestings word verras, en die harte van die helde in Moab sal in dié dag wees soos die hart van 'n vrou in haar weë.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal die dorpe van Moab inneem en die vestings oorneem. Daardie dag sal Moab se krygsmanne so bang wees soos ’n vrou wat geboorte gee.
Afrikaans 1933/1953 Die stede is ingeneem, en die bergvestings is verower; en die hart van die helde van Moab sal in die dag wees soos die hart van 'n vrou wat in nood is.
Afrikaans 1983 Stede sal verower word, vestings ingeneem word. Daardie dag sal Moab se soldate so bang wees soos vrouens wat vasgekeer is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Keriot is ingeneem, die bergvestings is verower; die helde van Moab se harte is op daardie dag soos die hart van 'n vrou in barensnood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal die stede oorwin, ook die stede wat sterk mure het. “Die soldate van Moab sal daardie dag so bang word soos 'n vrou wanneer haar baba gebore moet word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal die stede van Moab inneem en die versterkte skuilplekke oorneem. Daardie dag sal die dapperste soldate net so bang wees soos ’n vrou wat geboorte gee.