Jeremiah 48:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal huil en sê: Hoe is dit afgebreek! hoe het Moab met skande die rug gedraai! so sal Moab vir almal rondom hom 'n bespotting en 'n verskrikking wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Ag, hoe stukkend is hulle nie! Hoor hoe huil hulle! Moab is soos mense wat die rug wegdraai van ander omdat hulle skaam is. Moab se bure dryf die spot met hulle. Hulle skrik as hulle al die verwoesting sien.”
Afrikaans 1933/1953 Hoe is hy verslae! Hulle huil. Hoe het Moab die rug gedraai met skaamte! So sal Moab dan vir almal wat rondom hom is, 'n belagging en 'n verskrikking word.
Afrikaans 1983 Hoe angsbevange word Moab, hoe vlug hy ná sy neerlaag! Huil maar, want Moab word 'n spot, hy word 'n afskrikwekkende voorbeeld vir sy bure.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe verslae is hy nie! Hulle huil. Hoe het Moab nie beskaamd sy rug gedraai nie! Moab het lagwekkend geword; hy is 'n toonbeeld van verskrikking vir almal rondom hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Moabiete is bang, hulle huil en vlug, want hulle het verloor in die oorlog. Al die volke rondom die Moabiete lag oor wat met hulle gebeur het, en mense skrik wanneer hulle dit sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ag, hoe stukkend is Moab! Hoor hoe huil hulle! Moab is soos iemand wat wegdraai van ander omdat hy skaam is. Moab se bure dryf die spot met hulle. Maar as hulle al die verwoesting in Moab sien, skrik hulle.”