Jeremiah 48:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar sal in die algemeen geklaag word op al die dakke van Moab en op die strate daarvan, want Ek het Moab verbreek soos 'n voorwerp waarin geen behae is nie, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Oral in Moab is mense in rou. Hulle doen dit op die dakke van hulle huise en op die pleine. Hulle doen dit, sê die Here, omdat Ek Moab gebreek het soos ’n kleipot wat niemand meer gebruik nie.
Afrikaans 1933/1953 Op al die dakke van Moab en op sy pleine is net rouklag, want Ek het Moab verbreek soos 'n ding waar 'n mens geen behae in het nie, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 daar word oral op die dakke in Moab en op sy stadspleine getreur, want Ek het Moab gebreek soos 'n kleipot wat niemand wil hê nie, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op al die dakke van Moab en op sy dorpspleine is daar net roubeklag. Want Ek het Moab gebreek soos 'n kruik wat niemand meer wil hê nie,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) die mense rou op al die dakke en op die oop stukke grond, want Ek het Moab gebreek soos 'n kleipot wat niemand wil hê nie.” Dit sê die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oral in Moab is mense besig om te huil asof iemand dood is. Hulle doen dit op die plat dakke van hulle huise en op die pleine in die stede waar die mense altyd bymekaarkom. Hulle doen dit,” sê die Here, “omdat Ek hulle gebreek het soos ’n kleipot wat niemand meer gebruik of voor omgee nie.