Jeremiah 48:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal my hart oor Moab blaas soos fluite, en my hart sal klink soos fluite vir die manne van Kir HERE s, omdat die rykdom wat hy verwerf het, vergaan is.
Afrikaans (NLV) 2011 My hart kla van smart soos ’n fluit vir Moab en ook vir die mense van Kir-Geres. Want al hulle rykdom het verdwyn.
Afrikaans 1933/1953 Daarom klaag my hart oor Moab soos fluite, ja, my hart klaag oor die manne van Kir-Heres soos fluite; omdat die oorwins wat hulle verwerf het, verlore gegaan het.
Afrikaans 1983 Soos die klaagsang van 'n fluit, so kla dit in My oor Moab. Soos die klaagsang van 'n fluit, so kla dit in My oor die mense van Kir-Geres: alles wat hulle vergaar het, is daarmee heen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, oor Moab kla my hart soos fluite, soos fluite kla my hart oor die mense van Kir-Geres. So is die wins wat hulle gemaak het, daarmee heen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hoekom ek kla oor die Moabiete, oor die mense van Kir-Geres. Ek kla soos mense wat hartseer is en fluite blaas, want al hulle goed wat hulle gebêre het, is weg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In my hart voel Ek bitter jammer vir Moab en vir die mense van Kir-Geres. My gevoel is soos wanneer ’n mens die hartseer klanke van ’n fluit hoor. Ek voel hartseer, want al hulle rykdom is weg.