Jeremiah 48:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van die geskreeu van Hesbon af tot by Eleale en tot by Jahas, het hulle hul stem verhef, van Soar af tot by Horónaim, soos 'n driejarige vers; want ook die waters van Nimrim sal 'n wildernis wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Om die waarheid te sê, die mense gil en skreeu van angs omdat hulle bang is. ’n Mens kan die krete hoor van Gesbon tot aan die ander kant by Elale en Jahas, van Soar af tot by Gonorajim en Eglat-Selisija. Selfs die waters van Nimrim het nou opgedroog.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Weens die geskreeu van Hesbon tot by Ele le, tot by Jahas het hulle hul stem verhef, van Soar af tot by Horon im, Eglat-Sel¡sia; want ook die waters van Nimrim sal 'n woesteny word. |
| Afrikaans 1983 | Die hulpgeroep van Gesbon klink tot in Elale, dit word gehoor tot by Jahas, van Soar af tot by Goronajim en Eglat-Selisija. Selfs die water van Nimrim het opgedroog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hulpgeroep strek vanaf Gesbon tot by Elale; tot by Jahas laat hulle hulle stemme hoor, van Soar af tot by Goronajim en Eglat-Selisija. Ja, ook die waters by Nimrim word 'n afgryslike plek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Gesbon skree en vra iemand moet hulle help, die mense kan dit hoor in die stede Elale en Jahas, in Soar en Goronajim en Eglat-Selisija, want die water by Nimrim is ook op. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om die waarheid te sê, die mense gil en skree van angs omdat hulle bang is. Die krete kan duidelik van Gesbon tot aan die ander kant by Elale en Jahas gehoor word. Verder ook weer van Soar af tot by Gonorajim en Eglat-Selisija. Selfs die waters van Nimrim het nou opgedroog.” |