Jeremiah 48:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vreugde en blydskap is weggeneem uit die groot veld en uit die land Moab; en Ek het die wyn van die parskuipe laat ophou; niemand sal met gejuig trap nie; hulle geskreeu sal geen gejuig wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Blydskap en vreugde het verdwyn uit die boorde en die landerye van Moab. Ek het gesorg dat die wynpers nie meer wyn voorsien nie. Mense gesels ook nie meer opgewek terwyl hulle druiwe pars nie. Daar is mense wat uitroep, maar nie van blydskap nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom is vreugde en gejuig weggeneem uit die land van tuine en uit die land Moab, en Ek het die wyn uit die parskuipe laat verdwyn; hulle sal dit nie trap met vreugdegeroep nie; die vreugdegeroep sal geen vreugdegeroep wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Vreugde en gejuig het verdwyn uit die vrugteboorde en uit Moab; Ek het die wyn laat wegraak uit die parskuipe; die vreugde om druiwe uit te trap is daar nie meer nie, daar is geen oesvreugde meer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Vreugde en gejuig is weggeneem uit die vrugteboorde en uit die land van Moab. Aan wyn uit die parskuipe het Ek 'n einde gemaak. Die druiwetrappers trap nie. Die krete is nie vreugdekrete nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand sing en juig nog in die tuinland, in Moab nie. Ek het die wyn laat wegraak uit die parskuipe, niemand trap nog die druiwe en sing nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moab was eens op ’n tyd ’n vrugbare plek. Maar nou het al die blydskap en vreugde uit Moab verdwyn. Julle blydskap is van julle af weggevat. Ek het gesorg dat daar nie meer wyn uit die wynpers kom nie. Daar is ook nie meer mense wat opgewek gesels terwyl hulle druiwe pars nie. Daar is mense wat skree, maar hulle doen dit nie omdat hulle bly is nie. |