Jeremiah 48:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O wingerdstok van Sibma, ek sal oor jou ween met die geween van Jaser: jou plante het oor die see gegaan, hulle reik tot by die see van Jaser; die verwoester het geval op jou somervrugte en op jou oesjaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek treur meer oor jou as oor Jaser, wingerd van Sibma. Jou wingerdranke het vroeër tot by die Dooie See gestrek, tot by Jaser. Maar nou het die onderdrukkers julle kaalgestroop. Hulle het op julle somervrugte en druiwe toegesak.
Afrikaans 1933/1953 Bo die geween van Ja,ser sal ek jou beween, o wingerdstok van Sibma! Jou ranke het gegaan oor die see, tot by die see van Ja,ser het hulle gekom -- die verwoester het jou somervrugte en jou druiwe-oes oorval.
Afrikaans 1983 Meer as oor Jaser huil Ek oor jou, wingerd van Sibma; jou ranke reik tot aan die see, hulle strek tot by Jaser. Die verwoester sak toe op jou vrugte en jou druiwe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Meer as oor Jaser, huil ek oor jou, wingerd van Sibma. Jou ranke het die see oorgesteek; tot by Jaser het dit gestrek. Op jou somervrugte en jou druiweoes het die verwoester toegesak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wingerde van die stad Sibma, Ek sal huil oor julle, meer as wat Ek sal huil oor die stad Jaser. Die ranke van die wingerde gaan tot by die see, tot by Jaser. Die vyande het gekom om die vrugte en die druiwe te verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sibma is bekend vir sy wingerde. Ek treur meer oor Sibma se mense as oor Jaeser. Die takke van julle wingerd het vroeër so ver uitgesteek dat dit selfs tot by die Dooie See en Jaser gekom het. So wyd was julle mense versprei. Maar nou het ’n vyand wat julle wil verwoes, op julle toegesak. Hulle help hulleself aan julle somervrugte en julle druiwe.