Jeremiah 48:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek ken sy toorn, spreek die HERE; maar dit sal nie so wees nie; sy leuens sal dit nie so uitwerk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek weet van Moab se verwaandheid,” sê die Here. “Maar al hierdie grootpratery loop op niks uit nie, dit is vals.
Afrikaans 1933/1953 Ek ken sy grimmigheid, spreek die HERE, en sy onbehoorlike grootpratery; onbehoorlik het hulle gehandel.
Afrikaans 1983 Ek ken sy hovaardigheid, sê die Here; sy grootpratery bring niks, al wat hy doen, kom tot niks.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek self ken sy woedebuie, maar dit is blote skyn. Sy grootpratery rig niks uit nie,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek weet self hoe hoogmoedig die Moabiete is, maar hulle het niks waaroor hulle kan spog nie, hulle moet dit nie doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet dat Moab verwaand was. Maar al hierdie grootpratery loop op niks uit nie, dit is vals.