Jeremiah 48:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons het die trots van Moab gehoor, (hy is uitermate trots), sy hoogheid en sy trotsheid en sy trots en die hoogmoed van sy hart.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ons het gehoor van Moab se trots en gespog. Hulle was hoogmoedig, arrogant, vermetel en hooghartig.
Afrikaans 1933/1953 Ons het van die trotsheid van Moab gehoor -- hy is baie trots! -- van sy hoogheid en sy trotsheid en sy hoogmoed en die verheffing van sy hart.
Afrikaans 1983 Ons het gehoor van Moab se vermetelheid, sy opperste hoogmoed, sy verwaandheid, sy vermetelheid en sy trots, sy selfvoldaanheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het gehoor van die trots van Moab, van die groot vermetelheid, sy hoogmoed, sy trots, sy grootdoenerigheid en sy hooghartigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het gehoor die Moabiete is hoogmoedig en trots, hulle dink hulle is belangrik en wonderlik en beter as ander volke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het gehoor dat Moab ’n baie groot dunk van hulleself gehad het. Hulle was baie hoogmoedig en arrogant. Ons het verder gehoor van Moab se vermetelheid, trots en selfvoldaanheid.