Jeremiah 48:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O julle wat in Moab woon, verlaat die stede en woon in die rots, en wees soos die duif wat haar nes maak aan die kante van die bek van die gat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Burgers van Moab, vlug uit julle dorpe! Gaan woon in rotsskeure soos duiwe wat hulle neste maak in die grotte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verlaat die stede en gaan woon in die rots, inwoners van Moab! En word soos 'n duif wat sy nes maak oorkant die opening van die afgrond. |
| Afrikaans 1983 | Vlug uit die stede! Gaan woon teen die kranse, inwoners van Moab! Word soos duiwe wat nes maak bo teen die rante van 'n put. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verlaat die dorpe, gaan woon in die rotsklowe, inwoners van Moab! Word soos 'n duif wat nesmaak in die wande van 'n ravyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van Moab, julle moet weggaan uit die stede, julle moet tussen die rotse gaan woon, julle moet word soos duiwe wat hulle neste maak in die kante van diep gate. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Burgers van Moab, vlug uit julle stede uit! Gaan bly in grotte soos duiwe wat hulle neste in die bek van ’n grot maak. |