Jeremiah 48:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maak hom dronk, want hy het hom groot gemaak teen die HERE; ook Moab sal in sy uitbraaksel wentel, en hy sal ook bespot word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak Moab dronk, want hulle is arrogant teenoor My, die Here. Laat Moab in hulle braaksel rol sodat ander hulle sal spot. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak hom dronk, omdat hy hom groot gehou het teen die HERE, sodat Moab neerslaan in sy uitbraaksel en hy self ook 'n belagging word. |
| Afrikaans 1983 | Moab het hom groot gehou teen die Here; maak hom dronk, laat hom aanhou braak, laat hom ook 'n spot word! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Maak hom dronk, want teenoor die Here het hy hom groot gehou. Laat Moab rol in sy braaksel, sodat ook hy uitgelag word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet Moab dronk maak totdat hy opgooi, want hy het gedink hy is belangriker as die Here. Die ander volke moet vir hom lag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê ook: “Laat Moab slinger en val soos ’n dronk mens, want hy hou hom opstandig teen My. Laat Moab in sy eie braaksel rol sodat ander hom sal spot. |