Jeremiah 48:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar sal geen lof van Moab meer wees nie: in Hesbon het hulle onheil daarteen uitgedink; kom en laat ons dit afsny van 'n nasie. Ook sal jy uitgeroei word, o Madmen; die swaard sal jou agtervolg.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand sal meer oor Moab spog nie. In Gesbon beplan hulle ’n komplot teen Moab: ‘Kom ons beëindig hulle voortbestaan as ’n nasie!’ Hulle sal die stad Madmen stilmaak. Geweld sal ook hierdie stad tref!
Afrikaans 1933/1953 Uit is dit met die roem van Moab; in Hesbon het hulle onheil teen hom bedink en gesê: Kom laat ons hom uitroei, dat hy geen nasie meer is nie. Ook jy, Madmen, sal verwoes word, die swaard sal jou agtervolg.
Afrikaans 1983 Die roem van Moab word nie meer besing nie; sy ondergang word in Gesbon beplan: “Kom ons roei daardie nasie uit!” Ook aan Madmen word 'n einde gemaak! Die swaard is agter jou aan!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is geen lofprysing meer vir Moab nie; in Hesbon word onheil teen haar beplan; ‘Kom ons roei haar uit onder die nasies!’ Ook jy, Madmen, sal stilgemaak word; die swaard is agter jou aan!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Moab was trots op die stad, maar die vyande het dit verwoes. Die vyande het in die stad Gesbon gekom. Hulle wil die stad verwoes, hulle wil hê dat niemand later sal weet van die stad nie. Mense van die stad Madmen, die vyande sal julle ook doodmaak, hulle sal julle jaag met hulle swaarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moab se reputasie het in die slag gebly. In Gesbon het hulle ’n komplot teen Moab beplan. Hulle het gesê: ‘Kom ons keer dat die stad verder bly bestaan.’ Die stad Madmen sal ook stilgemaak word. Die vyand sal ook na hierdie stad toe kom om oorlog te maak.