Jeremiah 48:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O inwoner van Aroër, staan op die pad en kyk; vra hom wat vlug en haar wat ontsnap, en sê: Wat is gedoen? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Inwoners van Aroër, gaan staan langs die pad en kyk wat gebeur. Vra elke man en vrou wat vlug, wat probeer ontkom; vra hulle: ‘Wat het gebeur?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan staan op die pad, en kyk uit, o inwoner van Aroër! Vra vir hom wat vlug en vir haar wat ontkom; sê: Wat het gebeur? |
| Afrikaans 1983 | Gaan staan op die uitkyk langs die pad, inwoner van Aroër, ondervra elke man en vrou wat vlug, wat probeer ontkom, vra: “Wat het gebeur?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gaan staan langs die pad en kyk uit, inwoners van Aroër! Vra hom uit wat vlug, en haar wat vrykom, en sê, ‘Wat het gebeur?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van die stad Aroër, julle moet langs die pad gaan staan, julle moet kyk, en wanneer daar mense kom wat vry weggekom het en wat vlug, dan moet julle vir hulle vra: ‘Wat het gebeur?’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle wat in Aroër bly, julle moet langs die pad gaan staan en kyk wat gebeur. Vra ’n bietjie vir die mense wat dit regkry om van die vyand af weg te kom wat het daar in Moab gebeur. |