Jeremiah 48:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou dogter wat in Dibon woon, kom af uit jou heerlikheid en sit in dors; want die verwoester van Moab sal oor jou kom, en hy sal jou vestings verwoes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle wat in Dibon bly, klim af van julle troontjies en kom sit in die stof. Die vyand wat Moab vernietig, kom ook teen Dibon veg. Hulle het julle vestings klaar verwoes. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kom af uit jou heerlikheid, en sit in die dorsland, o inwoner, dogter van Dibon! Want die verwoester van Moab het teen jou opgetrek, hy het jou forte verwoes. |
| Afrikaans 1983 | Klim maar af van jou ereplek af en gaan sit op die dorre aarde, inwoner van Dibon, want die verwoester van Moab is al op pad na jou toe; hy gaan jou vestingstede in puin lê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Klim af van die eresetel, en gaan sit op die dor aarde, inwoner, dogter van Dibon! Want die verwoester van Moab trek teen jou op; hy vernietig jou versterkte stede. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van die stad Dibon, julle moet afklim van julle mooi stoele, julle moet op die grond in die stof gaan sit, want die mense het gekom wat julle stad sal verwoes, hulle het julle sterk mure afgebreek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle wat in Dibon bly, klim van julle troontjie af en kom sit in die stof. Die vyand wat Moab vernietig, kom ook om teen julle te baklei. Die sterk plekke wat julle gebou het om julle teen julle vyande te beskerm is al klaar verwoes. |