Jeremiah 48:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle almal wat rondom hom is, beklaag hom; en almal wat sy Naam ken, sê: Hoe is die sterk staf gebreek en die mooi roede! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal in Moab se omgewing, begin huil oor hierdie land. Julle wat Moab se naam ken, sê: ‘Die septer van mag en die staf van trots is nou gebreek!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Beklaag hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: Hoe is die sterk staf, die sierlike stok gebreek! |
| Afrikaans 1983 | Julle almal rondom hom, julle almal wat hom by die naam ken, kan maar met meegevoel die koppe skud en sê: “Hoe het dié magtige ryk, dié glansryke heerskappy, tot 'n val gekom!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Betuig meegevoel met hom, almal in sy omgewing, almal wat sy naam ken! Sê, ‘Hoe is die magtige septer verbreek, die pragtige staf!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle almal rondom Moab, julle wat die land ken, julle moet jammer wees vir hom en julle moet julle koppe skud, julle moet sê: ‘Moab het oor ander volke regeer, baie mense het hom gedien, maar Moab se septer het gebreek.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal wat naby aan Moab bly, kan solank begin huil oor hierdie land. Julle wat die reputasie van Moab ken, kan sê: ‘Die septer en die staf wat gewys het hoe sterk en trots die regering van Moab was, is nou gebreek.’ |