Jeremiah 48:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moab is geplunder en uit sy stede opgetrek, en sy uitverkore jongmanne het na die slagting gegaan, spreek die Koning wie se Naam die HERE van die leërskare is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, die Koning, sê: “Die vernietiger sal Moab en sy dorpe verwoes. Van hulle beste jongmense sal in gevegte sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moab is verwoes, en hulle het opgegaan in sy stede, en sy beste jongmanne het afgegaan om geslag te word, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare. |
| Afrikaans 1983 | Die verwoester is al op pad na Moab se stede toe, en die keur van Moab se jongmanne is op pad na hulle dood toe. Dit is wat die Koning sê, sy Naam is die Here die Almagtige: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moab is verwoes, die vyand het opgetrek teen sy dorpe, en die keur van sy jong manne het afgegaan vir die slagting,” is die uitspraak van die Koning; Here, Heerser oor alle magte is sy Naam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar die vyande het gekom en hulle sal Moab en sy stede verwoes, hulle sal Moab se beste jong soldate doodmaak.” Dit sê die Here, Hy is die Koning wat oor alles regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here wat sterker as alles en almal is, die Koning, sê: “Moab en al haar stede sal verwoes word. Van haar beste jongmense is doodgemaak in gevegte. |