Jeremiah 48:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moab sal beskaamd staan vir Kamos, soos die huis van Israel beskaamd geword het oor Bet-el wat hulle vertroue gehad het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal Moab skaam wees oor Kemos, net soos Israel ook destyds skaam was oor die goue kalf by Bet-El op wie hulle vertrou het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moab sal beskaamd staan deur Kamos, soos die huis van Israel beskaamd gestaan het deur Bet-el waar hulle op vertrou het. |
| Afrikaans 1983 | Moab sal by Kemos nie hulp kry nie, net so min as wat Israel hulp gekry het by Bet-El op wie hy vertrou het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moab sal beskaamd staan oor Kemos, net soos die huis van Israel beskaamd gestaan het oor Bet-El, die bron van hulle vertroue. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die god Kemos sal nie vir Moab kan help nie. Die mense van Israel het ook gedink die god Bet-El sal vir hulle kan help, maar hy kon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As dit gebeur, sal Moab verleë wees omdat die afgod Kemos hulle nie gehelp het nie. Israel het ook destyds in die verleentheid gekom omdat hulle op Bet-El staatgemaak het.” |