Jeremiah 48:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek swerwers na hom sal stuur wat hom sal laat rondswerf en sy kanne sal leegmaak en hulle sakke sal breek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Here sê: “Die tyd kom dat Ek mense sal stuur wat die kruike leegmaak. As hulle dit leeggemaak het, sal hulle die wynkruike stukkend breek! |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek aftappers na hom sal stuur wat hom sal aftap en sy vate sal leegmaak en sy kruike stukkend slaan. |
| Afrikaans 1983 | Maar daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek mense stuur wat wyn uitgooi, en hulle sal Moab uitgooi, hulle sal sy kruike leegmaak, sy wynkanne stukkend slaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, “kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “dat Ek keldermeesters na hom sal stuur, en hulle sal hom afgiet. Sy kruike sal hulle leegmaak, en sy houers verbrysel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Daarom, die tyd kom nou dat Ek mense na Moab sal stuur om sy mense weg te vat en sy stede te verwoes, soos wanneer mense wyn uitgooi en die kruike leegmaak en stukkend slaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here sê: “Die tyd kom dat Ek mense sal stuur wat die wyn sal uitgooi. As hulle al die wyn uitgegooi het, sal hulle die wynkruike stukkend breek. |