Jeremiah 48:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moab was gerus van sy jeug af, en hy het gerus op sy afsaksel, en is nie leeggemaak van houer tot houer nie, en hy het nie in ballingskap gegaan nie; daarom het sy smaak in hom gebly, en sy reuk het nie verander nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vanaf die vroegste tye het Moab rustig geleef. Hulle is nog nooit deur ’n ander volk in ballingskap weggevoer nie. Moab is soos ou wyn wat kon verouder, wat nie van houer na houer oorgegooi is nie. Die smaak het nie verlore gegaan nie.”
Afrikaans 1933/1953 Moab was gerus van sy jeug af en het stil gelê op sy afsaksel, sonder dat hy leeggemaak is van vat in vat: hy het nie in ballingskap gegaan nie; daarom het sy smaak in hom gebly en sy geur nie verander nie.
Afrikaans 1983 Moab sit van sy jeug af rustig, so ongestoord soos wyn op sy afsaksel, wyn wat nie van een kruik in 'n ander oorgegooi is nie. Hy is nooit in ballingskap weggevoer nie; sy smaak het dieselfde gebly, sy geur het nie verander nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moab is rustig van sy jeug af; hy is soos wyn, ongestoord op sy droesem, hy is nie oorgeskink van kruik tot kruik nie – in ballingskap het hy nie gegaan nie. Daarom behou hy sy smaak, en sy geur verander nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het altyd goed gegaan met die mense van Moab, niemand het hulle gepla nie, hulle was so veilig soos die fyn stof wat afsak en onder in 'n kruik oorbly wanneer iemand die wyn in 'n ander kruik gooi. Vyande het nie die mense van Moab gevang en weggevat nie. Die mense van Moab het nie verander nie, hulle is soos die wyn wat nie verander het nie, dit smaak en ruik nog dieselfde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Moab leef van haar vroegste dae af al rustig. Hulle is nog nooit deur ’n ander volk uit hulle land weggevat nie. Moab is soos ou wyn wat laat staan is en nie van houer na houer oorgegooi is nie. Die smaak het nie verlore gegaan nie en die geur is nog net soos dit was.”