Jeremiah 48:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Teen Moab so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee Nebo! want dit is verwoes; Kirjataim is beskaamd en ingeneem; Misgab is beskaamd en verskrik.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie boodskap gaan oor Moab. Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Ellende wag vir Nebo, die stad sal verwoes word. Die stad Kirjatajim sal verneder en ingeneem word. Hulle sal die vesting verneder en afbreek.
Afrikaans 1933/1953 Oor Moab. So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjat im staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik.
Afrikaans 1983 Oor Moab. So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Ellende wag vir Nebo, want hy word verwoes; Kirjatajim word verneder en ingeneem, die vestingstad word verneder en platgeslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Oor Moab. So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Wee Nebo, want dit word verwoes. Kirjatajim staan beskaamd, dit word ingeneem. Die toevlugsoord staan beskaamd, is verslae.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, praat oor die land Moab. Hy sê: “Dit gaan sleg met die mense van Nebo, want die vyande het die stad verwoes. Die mense van die stad Kirjatajim weet nie wat om te doen nie, vyande het die stad oorwin en alles gevat. Die stad het sterk mure, maar die mense van die stad weet nie wat om te doen nie, hulle is baie bang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat volg, is wat die Here oor Moab gesê het: Die Here is die God van Israel. Hy is sterker as alles en almal en Hy sê: “Dit sal ellendig gaan met die stad Nebo, want hy sal verwoes word. Die stad Kirjatajim sal verneder en ingeneem word. Die stad is sterker gemaak om vyande uit te hou, maar hulle sal in die skande kom as die stad afgebreek word.