Jeremiah 47:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe kan dit stil wees, terwyl die HERE dit 'n bevel gegee het teen Askelon en teen die seekus? daar het Hy dit aangestel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hoe kan dit stil wees as die Here beveel het om Askelon en die kusvlakte aan te val?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe sou dit rus hê, terwyl die HERE daaraan bevel gegee het teen Askelon en teen die seekus? Daar het Hy dit bestel. |
| Afrikaans 1983 | Maar hoe kan hy tot rus kom as die Here hom die bevel gegee het, hom 'n werk gegee het in Askelon en op die seekus? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe kan hy dan rus hê? Die Here het hom 'n opdrag gegee teen Askelon en die kusstreek. Daar het Hy hom aangestel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hoe kan die swaard van die Here rus? Want dit is die Here wat die swaard gestuur het teen Askelon en die land by die see.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hoe kan die swaard stil wees as Ek, die Here, dit ’n opdrag gegee het om te doen? Almal in Askelon en die kusvlakte moes doodgemaak word. Ek, die Here, het gesê dat dit gedoen moet word.” |