Jeremiah 47:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O swaard van die HERE, hoe lank sal dit duur voordat jy stil word? Trek jou in jou skede, rus en wees stil.
Afrikaans (NLV) 2011 “Swaard van die Here, hoe lank nog voor jy weer tot rus kom? Gaan terug in jou skede! Kom tot rus en raak stil!
Afrikaans 1933/1953 Wee, swaard van die HERE, hoe lank sal jy geen rus hê nie? Keer terug in jou skede, rus en wees stil.
Afrikaans 1983 “Ag, swaard van die Here, hoe lank nog voor jy tot rus kom? Gaan terug na jou skede toe! Hou op, bedaar tog!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Helaas! Swaard van die Here, hoe lank nog sal jy nie rus hê nie? Keer terug na jou skede; kom tot rus en wees stil!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Swaard van die Here, dit gaan sleg terwyl jy aanhou om mense dood te maak, jy moet teruggaan in jou sak, jy moet rus en stil wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Swaard van die Here, hoe lank nog voor jy weer tot rus kom? Gaan terug in jou skede! Kom tot rus en gedra jou stil!