Jeremiah 47:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kaalheid het oor Gasa gekom; Askelon is uitgeroei met die oorblyfsel van hulle dal; hoe lank sal jy jou uitroei?
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense van Gasa gaan vernietig word. Askelon is klaar verwoes. Mense wat in die kusvlakte oorgebly het, hoe lank sal julle julleself nog pynig?
Afrikaans 1933/1953 'n Kaal plek het op Gasa gekom; Askelon is vernietig, die oorblyfsel van hulle dal. Hoe lank sal jy jou stukkend kerwe?
Afrikaans 1983 Gasa sal rou met kaalgeskeerde kop, Askelon sal woordeloos staan. Julle wat nog oor is daar op julle vlakte, hoe lank gaan julle julle van smart bly stukkend sny?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Kaalgeskeerde plek verskyn op die kop van Gasa; Askelon is vernietig. Oorblyfsel van hulle vlakte, hoe lank nog gaan jy jou stukkend kerf?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Gasa het hulle koppe kaal geskeer. Die vyande het die mense van Askelon stilgemaak. Mense wat oorgebly het op die kus-vlakte, hoe lank sal julle nog rou en julleself stukkend sny?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Gasa sal in rou wees. Askelon is klaar verwoes. Hoe lank sal julle wat op die kusvlakte by die Middellandse See oorgebly het, nog huil en kla omdat julle rou?