Jeremiah 47:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vanweë die dag wat kom om al die Filistyne te plunder en van Tirus en Sidon uit te roei elke helper wat oor is, want die HERE sal die Filistyne, die oorblyfsel van die land Kaftor, plunder.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tyd het gekom om al die Filistyne uit te roei. So ook Tirus en Sidon, hulle bondgenote, wat sou kon help. Want die Here vernietig die Filistyne, hulle wat oorspronklik van Kreta af kom.
Afrikaans 1933/1953 weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die HERE maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.
Afrikaans 1983 Die dag het gekom waarop al die Filistyne uitgeroei word, waarop elkeen wat vrygekom het en vir Tirus en Sidon kan help, doodgemaak word. Die Here gaan die Filistyne uitroei, dié wat nog oor is van almal wat van Kaftoreiland af gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) oor die dag wat kom om al die Filistyne te verdelg, om elke helper van Tirus en Sidon wat oorgebly het, uit te roei.” Ja, die Here verdelg die Filistyne, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die dag het gekom, die Here verwoes al die Filistyne, Hy maak almal dood wat vir Tirus en Sidon kan help. Ja, die Here maak al die Filistyne dood, al die mense wat van die eiland Kaftor kom en wat nog lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die tyd het gekom om al die Filistyne uit te roei. Dit is ook die tyd om die mense uit Tirus en Sidon wat hulle kan kom help, af te sny. Ek sal die Filistyne wat oorspronklik van Kreta af kom, vernietig.