Jeremiah 47:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vanweë die geluid van die gestamp van die hoewe van sy sterk perde, van die gedreun van sy strydwaens en van die gedreun van sy wiele, sal die vaders vanweë swak hande nie na hulle kinders terugkyk nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Hoor die geluid van perdehoewe, die gedreun van strydwaens wat verbyjaag. Vaders draai nie eers om na hulle kinders nie want hulle kan hulle nie red nie.
Afrikaans 1933/1953 weens die stampgeluid van sy perde se pote, weens die geraas van sy waens, die gedreun van sy wiele. Die vaders kyk nie om na die kinders nie -- so slap is die hande --
Afrikaans 1983 wanneer hulle hoor hoe die perdepote klap, die strydwaens dreun, die wiele raas. Pa's draai nie om om hulle kinders te help nie, hulle hande hang slap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) oor die stampgeluid van sy hingste se hoewe, oor die gedruis van sy strydwaens, oor die gedreun van hulle wiele – ouers draai nie om na kinders nie, omdat hulle hande slap hang –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want hulle hoor hoe die pote van die vyande se perde stamp, hulle hoor hoe hulle oorlogkarre se wiele raas. Pa’s vlug en draai nie om nie, hulle neem nie hulle kinders saam nie, hulle is bang, hulle hande hang pap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die vyand verbyjaag, sal die mense die geluid van perde se hoewe en die gedreun van die wiele van oorlogswaens hoor. Verskrikte pa’s sal weghardloop sonder om eens terug te kyk waar hulle kinders is.