Jeremiah 47:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE; Kyk, waters styg op uit die noorde en sal 'n oorstromende vloed wees en die land en alles wat daarin is, oorstroom; die stad en die wat daarin woon, dan sal die manne skreeu en al die inwoners van die land huil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “’n Vloed kom uit die noorde, ’n stroom wat alles oorspoel. Dit oorspoel die land en vul alles daarin, dorpe en inwoners. Die mense sal uitroep. Al die inwoners van die land sal weeklaag. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal 'n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil, |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Daar kom vloedwater uit die noorde, dit word 'n stroom wat oor sy walle stoot, dit stroom oor die land en alles in hom, oor die stad en sy inwoners. Mense skree, al die inwoners van die land huil |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here: “Kyk, water gaan styg uit die noorde, en dit gaan 'n spruit in vloed word. Dit sal die land en alles daarop oorstroom, stede en die inwoners daarin. Mense sal om hulp roep; al die inwoners van die land sal huil |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Die vyande kom uit die noorde, hulle kom soos baie water, hulle vloei soos 'n groot rivier, hulle vloei oor die land en oor alles in die land, oor die stede en oor almal wat in die stede woon. Die mense skree en vra iemand moet hulle help. Almal wat in die land woon, huil, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Daar kom vloedwater uit die noorde wat die hele land sal oorspoel. Dit is ’n vyand wat kom. Hy sal die land en alles daarin verwoes. Dit raak die stede en die mense wat daarin bly. Die mense sal skree omdat hulle bang is. Al die mense wat in die land bly, sal hartseer huil. |