Jeremiah 46:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Egipte kom op soos 'n vloed, en sy waters wankel soos riviere; en hy sê: Ek sal optrek en die aarde bedek; Ek sal die stad en sy inwoners vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die Egiptiese leër. Hy spog dat hy sy walle oorstroom, soos die water van die Nyl, soos riviere bruisende waters. Hulle sê: ‘Ons sal optrek en die aarde bedek. Ons sal stede en hulle inwoners saam verwoes.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Egipte rys op soos die Nyl en sy waters klots soos strome; en hy sê: Ek sal optrek, die aarde oordek, ek wil die stad verwoes en die wat daarin woon. |
| Afrikaans 1983 | Egipte stroom oor sy walle soos die Nyl, hy brul soos die groot rivier en sê: “Ek sal oor my walle stroom en die aarde bedek, ek sal stede wegvee saam met hulle inwoners.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Egipte styg op soos die Nyl, soos wanneer die deltastrome water donderend laat afkom. Hy sê, ‘Ek sal styg, ek sal die aarde oordek; ek wil stede en die inwoners daarin tot niet maak.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is Egipte wat oor sy walle stroom soos 'n groot rivier met water wat raas. Egipte sê: “Ek wil oor my walle stroom, ek wil die aarde toemaak. Ek wil al die stede verwoes en die mense doodmaak wat daar woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is die Egiptiese leër wat soos die water van die Nyl maak. Dit bruis soos ’n aanstormende rivier in vloed. Hulle sê dat hulle sal optrek en die aarde sal oorspoel. Hulle sal stede en die mense wat daarin bly, saam verwoes. |