Jeremiah 46:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie is dit wat soos 'n vloed opkom, wie se waters beweeg soos riviere? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wie is dit wat sy walle oorstroom soos die water van die Nyl, soos riviere bruisende water? |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie is dit wat daar oprys soos die Nyl, waarvan die waters klots soos strome? |
| Afrikaans 1983 | Wie is dit wat daar soos die Nyl oor sy walle stroom, wat soos die groot rivier brul? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie is dit wat styg soos die Nyl, soos wanneer die deltastrome sy waters donderend laat afkom? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie is dit wat oor sy walle stroom soos die Nyl-rivier, soos 'n groot rivier met water wat raas? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie is dit wat soos die stygende water van die Nyl is? Die water bruis op en stroom oor die land soos riviere wat vloei. |