Jeremiah 46:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat die vinnige nie vlug en die held nie ontvlug nie; hulle sal struikel en na die noorde val by die Eufraatrivier.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs nie die vinnigstes kan wegkom nie. Die sterkste soldate kan nie ontsnap nie. Aan die noordekant, by die walle van die Eufraatrivier, struikel hulle en val.
Afrikaans 1933/1953 Die wat gou is, kan nie ontvlug nie, en die held kan nie ontkom nie; teen die noorde, aan die kant van die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.
Afrikaans 1983 Selfs nie die vinniges kan wegkom nie, die soldate kom nie vry nie. Daar in die noorde, op die oewer van die Eufraatrivier, val hulle, slaan hulle neer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Die vinniges kan nie wegkom nie, die helde kan nie vrykom nie. In die Noorde, langs die Eufraatrivier, het hulle gestruikel en geval.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vinnige manne kan nie weghardloop nie, die soldate kan nie vry wegkom nie, hulle struikel en val by die Eufraat-rivier in die noorde.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Selfs nie die vinnigstes kan wegkom nie. Die sterkste soldate kan ook nie ontsnap nie. Aan die noordekant by die walle van die Eufraatrivier struikel hulle en val.