Jeremiah 46:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom het ek hulle verskrik gesien en omgedraai? en hulle magtiges is neergeslaan en haastig gevlug en nie omgekyk nie, want vrees was rondom, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar wat sien Ek? Die Egiptiese leër is verskrik, hulle het teruggedraai. Hulle beste vegters is verslaan en kies die hasepad sonder om eers terug te kyk. Hulle word van alle kante bedreig, sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 Waarom sien ek -- hulle is verslae, hulle wyk agteruit? Ja, hulle helde is verslaan en vlug al verder sonder om om te draai. Daar is skrik rondom, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Hoe is dit dan dat Ek hulle sien skrik en terugval? Hulle soldate word uitmekaargejaag, hulle slaan op die vlug en draai nie weer om nie; daar is paniek aan alle kante! sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waarom sien Ek hulle is verskrik? Hulle val terug, hulle helde word verpletter, hulle slaan op die vlug, hulle draai nie terug nie! Daar is verskrikking aan alle kante,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek sien soldate wat skrik en vlug. Party soldate sterf, ander soldate vlug, hulle staan nie stil nie, hulle draai nie om nie, die vyande is rondom hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar wat sien Ek? Die Egiptiese leër is verskrik. Hulle het teruggedraai. Hulle beste vegters is verslaan en kies die hasepad sonder om eens terug te kyk. Hulle word van alle kante af bedreig,” sê die Here.