Jeremiah 46:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Span die perde in; en staan op, ruiters, en staan op met julle helms; steek die spiese en trek die brigandines aan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saal die perde op, bestyg hulle, ruiters! Neem julle posisies in, sit julle helms op. Maak julle spiese blink, trek julle wapenrusting aan! |
| Afrikaans 1933/1953 | Span die perde in, en klim op, o ruiters! En staan reg, met die helms op; maak blink die spiese, trek die pantsers aan. |
| Afrikaans 1983 | Span in die perde, klim op die ryperde, tree aan met helms op, vryf die spiese blink, trek harnasse aan! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Span die perde in, en ruiters, klim op! Neem plek in met die helms, vryf die steekspiese blink, trek die harnasse aan! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | julle moet die perde inspan en op die ryperde klim, julle moet gereedstaan met helms op julle koppe, julle moet die spiese skerpmaak en harnasse aantrek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ruiters, kry die perde reg en klim op! As julle julle helms opgesit het, julle spiese blink en reg het en julle beskermende harnasse aanhet, neem dan julle plek in vir die geveg! |