Jeremiah 46:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE, want Ek is met jou; want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar Ek sal jou nie 'n einde maak nie, maar jou met mate teregwys; maar Ek sal jou nie heeltemal ongestraf laat bly nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Moenie bang wees nie, my dienskneg Israel. Ek sal altyd by julle wees. Ek sal die nasies waarheen Ek julle verdryf het, heeltemal vernietig. Maar vir julle sal Ek nie vernietig nie! Ek sal julle egter nie ongestraf laat nie. Ek moet julle dissiplineer, maar op regverdige wyse.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met jou. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie. |
| Afrikaans 1983 | Jy, my dienaar Jakob, moenie bang wees nie, sê die Here, want Ek is by jou. Wanneer Ek 'n einde maak aan al die nasies waaronder Ek jou verstrooi het, sal Ek aan jou nie 'n einde maak nie. Maar Ek sal jou straf soos jy verdien, jy sal nie ongestraf bly nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy, ja jy, moenie bang wees nie, my dienskneg Jakob!” is die uitspraak van die Here, “want Ek is by jou. Ja, Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; net aan jou sal Ek geen einde maak nie. Ek sal jou matig straf, maar jou beslis nie ongestraf laat nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die Here sê: “Julle, my dienaars, nageslag van Jakob, julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle. Ek het julle weggejaag na ander volke toe. Ek sal daardie volke laat verdwyn, maar Ek sal júlle nie laat verdwyn nie. Maar Ek sal julle straf, Ek moet dit doen, Ek kan nie sê julle is onskuldige nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Moenie bang of moedeloos wees nie, Israel. Julle behoort aan My, Ek sal altyd by julle wees. Ek sal die nasies waarheen Ek julle weggedryf het, heeltemal vernietig. Maar Ek sal julle nie vernietig nie. Maar dit moet julle ook weet, Ek sal julle nie ongestraf laat bly nie. Ek moet julle straf, maar Ek sal dit op ’n regverdige manier doen.” |