Jeremiah 46:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal hulle oorgee in die hand van die wat hulle lewe soek, en in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van sy dienaars; en daarna sal dit bewoon word soos in die dae van ouds, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal hulle oorgee in die mag van dié wat hulle baie graag wil doodmaak, in die mag van koning Nebukadnesar van Babel en sy offisiere. As dit verby is, sal mense weer soos vantevore in Egipte kom woon.” Die Here sê dit sal gebeur! |
| Afrikaans 1933/1953 | en Ek sal hulle oorgee in die hand van die wat hulle lewe soek, en in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, en in die hand van sy dienaars. Maar daarna sal dit bewoon word soos in die dae van die voortyd, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek gee hom oor in die mag van dié wat hom wil vernietig, in die mag van koning Nebukadnesar van Babel en sy onderhoriges. Maar daarna sal Egipte weer bewoon word soos vroeër tye, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal hulle oorgee in die hand van dié wat hulle lewens soek: in die hand van Nebukadresar, die koning van Babilonië, en in die hand van sy dienaars. Daarna sal Egipte bewoon word soos in die verre verlede.” Dit is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek gee hulle vir die vyande wat hulle wil doodmaak, vir koning Nebukadnesar van Babel en vir sy soldate. Maar daarna sal die mense van Egipte weer in hulle land woon, soos lank gelede.” Dit het die Here gesê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal hulle oorgee aan die mense wat hulle baie graag wil doodmaak, mense soos Nebukadnesar en sy offisiere. Maar as al hierdie verwoestende oorloë verby is, sal mense weer soos vantevore in Egipte kom bly.” Die Here sê dit sal gebeur! |