Jeremiah 46:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE van die leërskare, die God van Israel, sê; Kyk, Ek sal besoeking doen oor die menigte van No en oor Farao en Egipte, met hulle gode en hulle konings; selfs Farao en almal wat op hom vertrou;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Ek sal Amon, die god van Tebes straf, asook vir die farao en Egipte en al die ander gode. Ek gaan ook haar konings straf, ja, vir die farao en almal wat op hom vertrou.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE van die leërskare, die God van Israel, sê: Kyk, Ek doen besoeking oor Amon van No en oor Farao en Egipte en sy gode en sy konings, ja, oor Farao en die wat op hom vertrou;
Afrikaans 1983 Die Here die Almagtige, die God van Israel, het gesê: Ek gaan afreken met Amon die god van No, met die farao, met Egipte en met sy gode en sy konings, en met almal wat op hom steun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel, het gesê: “Kyk, Ek gaan rekenskap eis van Amon uit No, van die farao, van Egipte, van haar gode, van haar konings – ja, van die farao en hulle wat op hom vertrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Ek sal nou vir Amon, die god van No, straf. Ek sal ook die farao straf, en sy gode en sy konings, die farao en almal wat dink hy kan hulle help.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here wat die God van Israel is, sê: “Ek sal Amon, die god van Tebes, straf saam met al die ander gode van Egipte. Ek gaan ook vir Egipte en haar konings, ja, ook vir die farao en dié wat op hom vertrou, straf.