Jeremiah 46:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal sy bos afkap, spreek die HERE, al kan dit nie deursoek word nie; want hulle is meer as die sprinkane en ontelbaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “Hulle sal haar bos afkap, al lyk dit ondeurdringbaar. Want hulle is meer as sprinkane, ontelbaar! |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle kap haar bos om, spreek die HERE; want hulle is onberekenbaar: want hulle is meer as sprinkane, sodat 'n mens hulle nie kan tel nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle gaan sy bos afkap, sê die Here, al is die bos hoe dig. Die leër van die vyand is groter as 'n sprinkaanswerm, die soldate kan nie getel word nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle kap haar bos af, al is dit ondeurdringbaar,” is die uitspraak van die Here; “want hulle is meer as sprinkane, ontelbaar is hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | wat die bome in die groot bos van Egipte met hulle byle afkap. Want daar is meer soldate as sprinkane, niemand kan hulle tel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal die mense soos bome van ’n bos neerkap. Hulle sal dit regkry selfs al lyk dit of ’n mens nie in die bos kan ingaan nie,” sê die Here. “Die vyand se getalle is meer as ’n swerm sprinkane; daarom sal hulle dit regkry. |