Jeremiah 46:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy stem sal gaan soos 'n slang; want hulle sal met 'n leër optrek en met byle teen haar aankom soos houtkappers.
Afrikaans (NLV) 2011 Egipte seil saggies weg soos ’n slang wegseil, want die vyand marsjeer met mag en mening. Hulle kom soos houtkappers met byle teen haar.”
Afrikaans 1933/1953 Haar geluid is soos van 'n slang wat wegseil; want met 'n leërmag trek hulle en kom na haar met byle soos houtkappers.
Afrikaans 1983 Egipte sal sis soos 'n slang en padgee wanneer die vyand se leërmag aankom, wanneer hulle soos houtkappers met byle na Egipte toe aankom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy klink soos 'n slang wat wegseil, want met 'n leërmag ruk hulle op; met byle kom hulle na haar soos dié wat hout bymekaarmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Egipte sal vlug, soos 'n slang wat blaas en wegseil wanneer die houtkappers in die bos kom. Die soldate van Babel kom om oorlog te maak, hulle kom soos houtkappers
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer die vyand met mag en mening aangemarsjeer kom soos houtkappers met byle, sal die mense van Egipte wegvlug soos ’n slang wat saggies wegseil.