Jeremiah 46:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook haar huurlinge is in haar binneste soos vetgemaakte bulle; want hulle het ook teruggedraai en saam weggevlug; hulle het nie gestaan nie, want die dag van hulle ondergang het oor hulle gekom en die tyd van hulle besoeking. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Egipte se huursoldate is soos vetgemaakte kalwers. Hulle bied nie weerstand teen die vyand nie, hulle draai om en hardloop weg. Die dag van straf het aangebreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook is haar huurtroepe daar by haar soos kalwers uit die stal; maar hulle het ook omgedraai, almal saam gevlug, hulle het nie bly staan nie; want die dag van hulle ondergang het oor hulle gekom, die tyd van hulle besoeking. |
| Afrikaans 1983 | Die huurtroepe in Egipte is soos vetgemaakte kalwers, maar hulle sal almal omdraai en vlug, hulle sal nie bly staan nie, want die dag kom wanneer 'n ramp hulle tref, die tyd wanneer daar met hulle afgereken sal word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Selfs haar huurtroepe in haar geledere is soos vetgemaakte bulkalwers; maar ook hulle draai om, vlug saam weg. Hulle bly nie staan nie; want die dag van hulle teenspoed het vir hulle aangebreek, die tyd wanneer met hulle afgereken word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Egipte het soldate gehuur, en hulle was soos vet kalwers, maar hulle het ook omgedraai en gevlug, nie een soldaat het bly staan nie. Die dag het gekom, en hulle het bang geword, die tyd het gekom, die Here het hulle gestraf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Egipte se huursoldate het soos vetgemaakte kalwers geword. Hulle het nie eens weerstand teen die vyand gebied nie. Die tyd van Egipte se ondergang het gekom. Dit is niks anders as ’n tyd van straf nie. |