Jeremiah 46:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O dogter wat in Egipte woon, maak jou gereed om in ballingskap te gaan, want Nof sal woes en woes wees sonder inwoner. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Pak julle goed vir ballingskap, inwoners van Egipte! Memfis sal vernietig lê, ’n bouval sonder inwoners. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, o inwoner, dogter van Egipte; want Nof sal 'n woesteny word en dit sal verniel word, sonder inwoner wees. |
| Afrikaans 1983 | Pak julle bondels vir die ballingskap, inwoners van Egipte! Memfis gaan 'n verlate stad word, verwoes en sonder inwoners. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kry jou bondel gereed vir die ballingskap, inwoner, dogter van Egipte! Want Nof sal 'n woesteny word, dit sal verwoes lê, sonder inwoners. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Mense van Egipte, julle moet al julle goed vasbind, die vyande sal julle vang en wegvat. Hulle sal die stad Nof verwoes, daar sal nie meer mense woon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Pak julle goed op! Maak julle reg om uit Egipte weggevat te word! Die stad Memfis sal vernietig word. Niemand sal meer daar bly nie. |