Jeremiah 46:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So waar as Ek leef, spreek die Koning wie se Naam die HERE van die leërskare is: Waarlik, soos Tabor tussen die berge is en soos Karmel by die see, so sal Hy kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Koning wie se Naam die Here, die Almagtige, is, sê: “So waar as wat Ek lewe, iemand sal kom wat soos Tabor tussen die berge of soos Karmel bo die see is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | So waar as Ek leef, spreek die Koning, wie se Naam is HERE van die leërskare, daar sal sekerlik een kom soos Tabor onder die berge en soos Karmel by die see. |
| Afrikaans 1983 | So seker as Ek leef, sê die Koning wie se Naam die Here die Almagtige is: Daar kom iemand wat so magtig is soos Tabor onder die berge, soos Karmel aan die see. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van die Koning, Here, Heerser oor alle magte is sy Naam, “soos Tabor bo die berge, en soos Karmel bo die see, sal die een wees wat kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Koning praat. Sy Naam is die Here wat oor alles regeer. Hy sê: “So seker soos Ek lewe, die vyande wat kom, is sterk, so sterk soos Tabor-berg wat tussen die berge is, soos Karmel-berg by die see. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is Koning! Hy is sterker as alles en almal. Hy sê: “So waar as wat Ek lewe, iemand gaan teen Egipte optrek wat soos Tabor hoog bo die ander berge sal uitstaan of soos Karmel bo die see. |