Jeremiah 46:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het daar geroep: Farao, die koning van Egipte, is maar 'n geraas; hy het die vasgestelde tyd verbygegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal sê: ‘Farao, die koning van Egipte, het ’n groot mond wat ’n kans deur sy vingers laat glip het!’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het daar geroep: Farao, die koning van Egipte, is oorlogsrumoer; hy het die bepaalde tyd laat verbygaan. |
| Afrikaans 1983 | Hulle skree: “Daar is die farao, die koning van Egipte, die grootprater wat sy kanse verspeel het!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar roep hulle uit, ‘Die farao, koning van Egipte, is net 'n lawaaimaker! Hy het die regte oomblik laat verbygaan.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Hulle het vir die farao, die koning van Egipte, 'n nuwe naam gegee. Die nuwe naam was: Die man wat gespog het, maar wat nie daar was toe hy oorlog moes maak nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal van die farao sê: ‘Die koning van Egipte is ’n windsak wat ’n kans deur sy vingers laat glip het.’” |