Jeremiah 46:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het baie laat val, en die een het op die ander geval, en hulle het gesê: Staan op en laat ons teruggaan na ons eie volk en na die land van ons geboorte, van die verdrukkende swaard af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle struikel en val oor mekaar en sê: ‘Kom ons gaan terug na ons eie mense en na waar ons gebore is. Laat ons wegkom van die swaard van die vyand!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het baie laat struikel, ja, die een val oor die ander, sodat hulle gesê het: Staan op en laat ons teruggaan na ons volk en na die land van ons geboorte weens die verdrukkende swaard. |
| Afrikaans 1983 | Hulle bly struikel, hulle val oor mekaar, en hulle sê: “Staan op, kom ons gaan terug na ons mense toe, na die land toe waar ons gebore is, weg van die swaard af wat so wild te kere gaan!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy laat baie struikel, die een val selfs oor die ander. Hulle sê, ‘Staan op! Laat ons teruggaan na ons volk, na ons geboorteland, weg van die gewelddadige swaard.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle val oor mekaar en hulle sê: ‘Jy moet opstaan, ons moet teruggaan na ons mense toe, na die plekke waar ons gebore is, weg van die swaarde van die vyande wat so baie van ons doodmaak.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het baie van die soldate laat struikel en teen mekaar laat val. Hulle het gesê: ‘Kom laat ons teruggaan na ons eie mense en na die land waar ons gebore is. Laat ons net wegkom van ons vyand wat ons wil doodmaak!’ |