Jeremiah 46:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verkondig in Egipte, en laat hoor in Migdol, en verkondig in Nof en in Tagpanhes; sê: Staan vas en berei jou voor; want die swaard sal rondom jou verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kondig dit aan in Egipte! Maak dit bekend in Migdol. Maak dit bekend in Memfis en Tagpanges! Sê: Maak julle reg, wees voorbereid, want die geweld van oorlog sal almal om julle tref. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor in Migdol; ja, laat dit hoor in Nof en in Tagp nhes. Sê: Staan reg, en maak jou klaar, want die swaard het verslind wat rondom jou is. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet dit in Egipte bekend maak, julle moet dit laat hoor in Migdol, julle moet dit laat hoor in Memfis en Tagpanges, julle moet sê: Staan gereed, maak jou reg, want die swaard verteer reeds rondom jou! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Maak dit bekend in Egipte, laat dit hoor in Migdol! Ja, laat dit hoor in Nof en Tagpanhes! Julle moet sê, ‘Neem jou plek in en wees voorbereid, want rondom jou verslind die swaard!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Julle moet dit gaan vertel in Egipte, julle moet dit sê vir die mense in die stad Migdol, julle moet dit sê vir die mense in die stede Nof en Tagpanges, julle moet sê: ‘Julle soldate moet regstaan en gereed wees, want die vyande maak die mense oral dood.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gaan sê dit in Egipte vir almal om te hoor! Laat die mense dit ook in die stede Migdol, Memfis en Tagpanges hoor! Maak julle reg vir ’n geveg, want dit sal rof gaan in die oorlog. |